Liefde

Liefde sluit 'n verskeidenheid van sterk en positiewe emosionele en geestelike toestande in, wat wissel van die edelste deug of goeie gewoonte, tot die diepste interpersoonlike toegeneentheid en die eenvoudigste plesier.[1][2] 'n Voorbeeld van hierdie uiteenlopende betekenisse is dat die liefde van 'n moeder verskil van die liefde van 'n gade, wat weer verskil van die liefde vir kos. In die algemeen verwys liefde na 'n sterk aantrekkingskrag en emosionele gehegtheid.[3] Liefde kan die deugde van menslike vriendelikheid, deernis en toegeneendheid verteenwoordig. Dit kan ook barmhartige en liefdevolle optrede teenoor ander mense, jouself of diere beskryf.[4]

Liefde in sy verskillende vorme dien as 'n groot fasiliteerder van interpersoonlike verhoudings en danksy sy sentrale sielkundige rol, is dit een van die mees algemene temas in die kreatiewe kunste.[5] Daar word aanspraak daarop gemaak dat liefde mense teen bedreiging saamsnoer en die voortsetting van die spesie fasiliteer.[6]

Die antieke Griekse filosowe identifiseer vyf vorme van die liefde: familie-liefde (in Grieks, Storge), vriendskaplike liefde (Philia), romantiese liefde (Eros), gas-liefde (Xenia) en goddelike liefde (Agape). Moderne skrywers onderskei tussen verdere variëteite van die liefde: onbeantwoorde verliefdheid, selfliefde en hoflike liefde. Asiatiese kulture het ook tussen Ren, Kama, Bhakti, Mettā, Ishq, Chesed en ander variante of simbioses van hierdie toestande onderskei.[7][8] Liefde het ook godsdienstige of geestelike betekenis. Hierdie diversiteit van die gebruike en betekenisse, gekombineer met die kompleksiteit van die gevoelens betrokke, maak liefde buitengewoon moeilik om konsekwent te definieer, in vergelyking met ander emosionele toestande.

  1. "Definition of Love in English" (in Engels). Oxford English Dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  2. "Definition of "Love" - English Dictionary" (in Engels). Cambridge English Dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  3. Oxford Illustrated American Dictionary (1998) + Merriam-Webster Collegiate Dictionary (2000)
  4. Fromm, Erich; The Art of Loving, Harper Perennial (1956), Original English Version,
  5. "Article On Love". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2012. Besoek op 13 September 2011.
  6. Helen Fisher. Why We Love: the nature and chemistry of romantic love. 2004.
  7. Liddell and Scott: φιλία
  8. Mascaró, Juan (2003). The Bhagavad Gita. Penguin Classics. Penguin. ISBN 978-0-14-044918-1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search